…En dis hoekom ek so graag soggens 3:30 opstaan!

Sedert ek die eerste keer in ‘n live TV ateljee ingestap het op die 1ste Augustus 2008, wou ek nog altyd net een ding doen: om daagliks terug te gaan! Daar’s min dinge só ontsaglik senutergend en uitdagend soos live TV, maar om op 26 al die geleentheid te kry om aan ‘n daaglikse TV program van hierdie omvang en verskeidenheid te werk (saam met ‘n uiters talentvolle span) is geweldig bevredigend en ‘n enorme voorreg.

So, ingeval jy uitgemis het op enige van (of selfs al) die lekker mense wat ek al oor die afgelope 3 maande op Dagbreek ontmoet het en al die interessante dinge wat ons al bespreek het, het ek nou vir jou ‘n paar klein clips uit ‘n verskeidenheid onderhoude bymekaar gemaak – ter illustrasie van presies hoekom vroeg-opstaan deesdae vir my só lekker is!

Jodi Picoult
Gister oggend, voor meeste mense nog aan ontbyt gedink het, het ek die kans gekry om die wêreld-bekende Amerikaanse skrywer Jodi Picoult te ontmoet en uit te vra oor haar nuwe boek. (!!)

Die onderhoud was (in my nederige opinie) heeltemal te kort – maar dis mos maar die aard van die uitsaaiwese, tyd is kosbaar. Soos wat jy sal sien was ek baie haastig om soveel as moontlik vrae in te prop in ons kort gesprek, maar gelukkig het sy lekker bondig saamgesels.
Hier’s ‘n klein stukkie van ons gesprek:

Gwen Ramakgopa
Op 10 Janaurie het ek die kans gekry om met die Adjunk Minister van Gesondheid, Dr Gwen Ramakgopa te gesels oor voorgestelde wetgewing wat die vertoon van sigarette in winkels sal stopsit:

Tony Ehrenreich
Die voortslepende geweld op plase in die Wes-Kaap was laasjaar al groot nuus en ekt op 22 November 2012 die geleentheid gehad om die Wes-Kaapse Sekretaris van COSATU hieroor uit te vra:

Zapiro
En ter viewing van Dagbreek se eerste dag op die lug, op 5 November 2012, het Zapiro (oftewel Jonathan Shapiro) by ons in die ateljee ‘n draai kom maak om die aap uit die mou te laat oor sy mees onlangse spotprent-boek “…But Will It Stand Up In Court?” en hoekom Pres Jacob Zuma sy hoogs omstrede siviele saak oor die ‘Rape of Lady Justice’ prent teen Zapiro laat vaar het:

Dagbreek is elke weeksoggend van 5:30-7:30 op kykNET (DSTV kanaal 144) te sien. Jy kan natuurlik ook deel wees van die program: sluit aan by die gesprek op ons Facebook blad of op Twitter!

1 Comment

  1. Corne Hagerman

    Hi Elma, ek is bly ek kon darem ‘n stukkie van jou onderhoud met Jodi sien. het juis een van haar boeke die vakansie gelees. Jy het baie mooi gelyk (soos altyd).

Leave a Reply

UA-25369540-1