Ek voel vreeslik cool in my lekker groen & goud #LiefdeWen hoodie hier in Ingeland.

Behalwe vir ‘n Bok trui, is dit seker die ultimate ding om op straat te dra.

Sodra mense vir jou kyk en begin glimlag, weet jy – dáái is een van ‘ons’. Mense groet sommer uit die bloute of waai, langs die pad. Dis soos om ‘in’ te wees op die ultimate in-joke.

En die beste deel hiervan is dat dit nie ‘n grap is nie, want Bouwer en Wally van Liefde Wen doen regtig amazing werk in die Transkei om rugby (en die waardes wat rugby mense leer) te help wortel skiet, in selfs die mees afgeleë gemeenskappe.

FullSizeRender

Hoekom rugby? Want dis ‘n sport wat vir kinders van kleins af leer dat daar ‘n plek in elke span is vir almal in ‘n span – van die kort fris ouens wat sterk is in die voorry, die langerate, die ratse ligte outjies met die goeie hande agter die skrum, die ouens wat ‘n skopvoet aan hulle het en die atlete in die agterlyn.

Dít, en die feit dat rugby aanhangers mekaar kan gelukwens, selfs ná hul span teen Japan verloor het in ‘n Wêreldbeker wedstryd!

En in di gees van rugby geesdrif, medemenslikheid en #LiefdeWen het ek ‘n R500 #liefdeWen voucher wat ek wil weggee!

So, as jy  vir iemand anders ‘n #LiefdeWen item uit die groen & goud reeks koop, sal ek vir jou my voucher gee.

Pay it forward.

Tag my en die persoon vir wie jy ‘n #LiefdeWen item gekoop het in ‘n Tweet / Instagram.