424584_153253514819536_744482592_n

So, die spreekwoordelike aap is uit die mou – te danke aan Beeld 🙂

Van 5 November af gaan ek soggens vroeg al op jou TV wees, reg om saam met ‘n ongelooflike span mense jou dag op te helder met  alles wat jy MOET weet: nuus, sport, weer, verkeer en vermaak. Live en net op kykNET.

Hier’s ‘n vinnige kykie na my formidabele span kollegas:

[print_gllr id=670]

Rozanne & Dalen Tweet – nes ek – ‘n hond uit ‘n bos uit, leer ken hulle gerus ‘n bietjie beter. Jy kan meer van Bettie leer op RSG se website, Harald is reeds weeksdae op jou TV (as Charl Retief op Villa Rosa) en Pierre het sy eie Wikipedia page (nogal!).

Daar’s nog ‘n paar mense wat gereeld gaan kom inloer, onder andere Tim du Plessis, Waldimar Pelser & Mandy Rossouw. Meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word en ons is almal blinkoog en opgewonde om elke oggend met jou te deel!